Elisabeth Schwarzkopf

Elisabeth Schwarzkopf
Schwarzkopf tussen ca. 1948 en 1958 tydens die Musikfestwochen in Luzern
Agtergrondinligting
GeboortenaamOlga Maria Elisabeth Frederike Schwarzkopf
Gebore9 Desember 1915
Sterf3 Augustus 2006
GenresRomantiek, moderne
Beroep(e)Sangeres
InstrumenteStem (Sopraan)
Jare aktief1938-1979 (as sangeres)
EtiketteEMI e.a.

Dame Olga Maria Elisabeth Friederike Schwarzkopf, DBE (9 Desember 1915 – 3 Augustus 2006) was 'n Duits-Britse sopraan. Sy was een van die voorste sangers van die Lieder, en was bekend vir haar opvoerings van Weense operette, sowel as die operas van Wolfgang Amadeus Mozart, Richard Wagner en Richard Strauss.[1][2]Nadat sy afgetree het, was sy internasionaal as 'n gerekende stemonderwyser bekend. Sy word beskou as een van die grootste soprane van die 20ste eeu.[3]

  1. Laura Williams Macy (2008). The Grove Book of Opera Singers. Oxford University Press. bladsye. 442–. ISBN 978-0-19-533765-5.
  2. Lol Henderson; Lee Stacey (27 Januarie 2014). Encyclopedia of Music in the 20th Century. Routledge. bladsye. 565–. ISBN 978-1-135-92946-6.
  3. Sien bv. 'Opera World Best Sopranos of the 20th Century'

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Tubidy